1 Nádat Avimelekh dood is, het Tola, die seun van Pu’ah, die seun van Dodo, ’n man van Yissakhar, opgestaan om Yisra’el te verlos en hy het in Shamir gebly op die Bergland van Efrayim.
2 Hy het Yisra’el drie en twintig jaar lank gerig. Toe is hy dood en is in Shamir begrawe.
3 Ná hom het Ya’ir, die Gil’adiet, opgestaan en hy het Yisra’el twee en twintig jaar lank gerig.
4 Hy het dertig seuns gehad, wat op dertig donkies gery en dertig stede in die land van Gil’ad gehad het wat tot vandag toe Havot-Ya’ir genoem word.
5 Ya’ir het gesterf en is in Kamon begrawe.
6 Toe het die seuns van Yisra’el weer gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה. Hulle het die Ba’als en die `Ashtarot gedien, die gode van Aram, die gode van Tzidon, die gode van Mo’av, die gode van die seuns van `Ammon en die gode van die F’lishtyne; só het hulle יהוה verlaat en Hom nie gedien nie.
7 Die woede van יהוה het gebrand teen Yisra’el en Hy het hulle verkoop in die hand van die F’lishtyne en in die hand van die seuns van `Ammon.