3 Yiftag het weggevlug van sy broers af en gaan woon in die land van Tov en waardelose manne het by Yiftag aangesluit en saam met hom uitgegaan.
4 Dit het gebeur dat na ’n tyd, die seuns van `Ammon teen Yisra’el geveg het.
5 Toe die seuns van `Ammon teen Yisra’el geveg het, het die oudstes van Gil’ad gegaan om Yiftag uit die land van Tov te gaan haal
6 en hulle het vir Yiftag gesê: “Kom en wees ons hoof sodat ons kan veg teen die seuns van `Ammon.”
7 Toe sê Yiftag vir die oudstes van Gil’ad: “Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle nou na my toe, wanneer julle in die moeilikheid is?”
8 Die oudstes van Gil’ad het vir Yiftag gesê: “Om hierdie rede kom ons nou na jou toe terug: dat jy saam met ons kan gaan en teen die seuns van `Ammon veg en dat jy hoof kan word oor al die inwoners van Gil’ad.”
9 Yiftag sê vir die oudstes van Gil’ad: “As julle my terugvat om teen die seuns van `Ammon te veg en יהוה hulle aan my oorgee, sal ek julle hoof word?”