34 Toe Yiftag in Mitzpah by sy huis kom, let op, het sy dogter uitgekom om hom te ontmoet met tamboeryn en dans. Sy was sy absoluut enigste kind; behalwe vir haar het hy geen seun of dogter gehad nie.
35 Toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: “Ag, my dogter! Jy laat my baie laag neerbuig en jy is tussen hulle wat vir my moeilikheid bring, want ek het my woord aan יהוה gegee en ek kan dit nie terugtrek nie.”
36 Sy antwoord hom: “My vader, u het u woord aan יהוה gegee; doen aan my soos u gesê het, aangesien יהוה u gewreek het op u vyande, die seuns van `Ammon.”
37 Sy het vir haar vader gesê: “Laat dít vir my gedoen word: laat my twee maande alleen sodat ek kan weggaan na die berge en kan huil oor my maagdelikheid, ek en my vriendinne.”
38 Toe sê hy: “Gaan!” So het hy haar vir twee maande weggestuur en sy het weggegaan saam met haar vriendinne en oor haar maagdelikheid gehuil op die berge.
39 Aan die einde van twee maande het sy na haar vader teruggekom en hy het aan haar gedoen volgens die gelofte wat hy gedoen het en sy het geen man intiem geken nie. Dit het dus ’n tradisie geword in Yisra’el
40 dat die dogters van Yisra’el elke jaar gaan om die dogter van Yiftag, die Gil’adiet, te herdenk, vier dae in die jaar.