2 Yiftag sê vir hulle: “Ek en my mense het ’n hewige twis met die seuns van `Ammon gehad; toe ek julle geroep het, het julle my nie uit hulle hand bevry nie.
3 Toe ek sien dat jy my nie gaan bevry nie, het ek my lewe in my hande geneem en oorgegaan na die seuns van `Ammon en יהוה het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgekom om teen my te veg?”
4 Toe het Yiftag al die manne van Gil’ad bymekaargemaak en teen Efrayim geveg en die manne van Gil’ad het Efrayim verslaan omdat hulle gesê het: “Julle, o Gil’adiete, is vlugtelinge van Efrayim, tussen Efrayim en tussen M’nashah.”
5 Gil’ad het die driwwe van die Yarden oorkant Efrayim ingeneem en dit het gebeur as die vlugtelinge van Efrayim sê: “Laat my oorgaan, dan vra die manne van Gil’ad vir hom: “Is jy ’n Efrayimiet?” As hy sê: “Nee,”
6 dan vra hulle vir hom: “Sê nou, Shibbolet!” As hy egter sê: “Sibbolet” omdat hy dit nie reg kan uitspreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Yarden-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efrayim twee en veertig duisend man geval.
7 Yiftag het Yisra’el ses jaar lank gerig. Toe is Yiftag, die Gil’adiet dood en is begrawe in een van die stede van Gil’ad.
8 Ná hom het Ibtzan, van Beit-Legem, Yisra’el gerig.