17 Manoag vra vir die engel van יהוה: “Wat is u naam (karakter en outoriteit) sodat ons u kan vereer wanneer u woord waar word?”
18 Die engel van יהוה sê egter vir hom: “Waarom vra jy my naam terwyl dit wonderbaarlik is.”
19 Manoag vat die jong bokkie saam met die graanoffer en offer dit op die rots aan יהוה terwyl die engel יהוה loof voor die oë van Manoag en sy vrou,
20 want dit het gebeur toe die vlam vanaf die altaar opstyg na die hemel toe dat die engel van יהוה in die vlam van die altaar opgegaan het. Toe Manoag en sy vrou dit gesien het, het hulle op hul gesigte op die grond neergeval.
21 Die engel van יהוה het nie weer aan Manoag en sy vrou verskyn nie. Toe het Manoag geweet dat hy die engel van יהוה was.
22 Manoag sê toe vir sy vrou: “Ons sal sekerlik sterf, want ons het God gesien.”
23 Sy vrou sê egter vir hom: “As יהוה begeer het om ons te laat sterf, sou Hy nie uit ons hand ’n brandoffer en ’n graanoffer aanvaar het nie en ook nie vir ons al hierdie dinge laat sien het nie, asook nie al hierdie dinge in hierdie tyd laat hoor het nie.