10 Toe het sy vader na die vrou toe afgegaan en Shimshon het ’n feesmaal daar gehou, want die jongmanne het die gebruik gehad om dit te doen.
11 Toe hulle hom sien, het hulle dertig vriende gebring om by hom te wees.
12 Toe sê Shimshon vir hulle: “Laat my nou vir julle ’n raaisel voorlê; as julle dit uitvind en vir my vertel gedurende die sewe dae van die feesmaal, dan sal ek vir julle dertig linne klede en dertig stelle klere gee.
13 As julle my egter nie kan vertel nie, dan moet júlle my dertig linne klede en dertig stelle klere gee.” Hulle sê vir hom: “Lê maar jou raaisel voor sodat ons dit kan hoor.”
14 Hy sê vir hulle: “Vanuit die eter kom iets om te eet en uit die sterke kom iets soets.” Vir drie dae lank kon hulle nie die raaisel antwoord nie.
15 Toe het dit gebeur op die vierde dag dat hulle vir Shimshon se vrou gesê het: “Verlei jou man sodat hy die raaisel vir ons vertel, anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur. Het julle ons genooi om ons te verarm, of nie?”
16 Shimshon se vrou het voor hom gehuil en gesê: “Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het ’n raaisel voor die seuns van my volk gelê en my nie vertel nie. Hy antwoord haar: “Let op, ek het dit nie vir my vader en moeder vertel nie, moes ek jou vertel?”