5 Toe het Shimshon saam met sy vader en moeder afgegaan na Timnah en tot by die wingerde van Timnah gekom en let op, ’n jong leeu het brullend op hom afgestorm.
6 Die Gees van יהוה het magtig oor hom gekom sodat hy dit verskeur het soos ’n mens ’n jong bokkie verskeur alhoewel hy niks in sy hand gehad het nie, maar hy het nie vir sy vader en moeder vertel wat hy gedoen het nie.
7 Hy het afgegaan en met die vrou gepraat en sy het vir Shimshon goed gelyk.Lev 5:2
8 Toe hy later teruggegaan het om haar te gaan haal, het hy uitgedraai om na die karkas van die leeu te kyk en let op, daar was ’n swerm bye en heuning in die karkas van die leeu.
9 Hy het die heuning in sy hande afgeskraap en al etende aangeloop. Toe hy by sy vader en moeder kom, het hy vir hulle gegee en hulle het geëet, maar hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die liggaam van die leeu uitgeskraap het nie.
10 Toe het sy vader na die vrou toe afgegaan en Shimshon het ’n feesmaal daar gehou, want die jongmanne het die gebruik gehad om dit te doen.
11 Toe hulle hom sien, het hulle dertig vriende gebring om by hom te wees.