8 Toe hy later teruggegaan het om haar te gaan haal, het hy uitgedraai om na die karkas van die leeu te kyk en let op, daar was ’n swerm bye en heuning in die karkas van die leeu.
9 Hy het die heuning in sy hande afgeskraap en al etende aangeloop. Toe hy by sy vader en moeder kom, het hy vir hulle gegee en hulle het geëet, maar hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die liggaam van die leeu uitgeskraap het nie.
10 Toe het sy vader na die vrou toe afgegaan en Shimshon het ’n feesmaal daar gehou, want die jongmanne het die gebruik gehad om dit te doen.
11 Toe hulle hom sien, het hulle dertig vriende gebring om by hom te wees.
12 Toe sê Shimshon vir hulle: “Laat my nou vir julle ’n raaisel voorlê; as julle dit uitvind en vir my vertel gedurende die sewe dae van die feesmaal, dan sal ek vir julle dertig linne klede en dertig stelle klere gee.
13 As julle my egter nie kan vertel nie, dan moet júlle my dertig linne klede en dertig stelle klere gee.” Hulle sê vir hom: “Lê maar jou raaisel voor sodat ons dit kan hoor.”
14 Hy sê vir hulle: “Vanuit die eter kom iets om te eet en uit die sterke kom iets soets.” Vir drie dae lank kon hulle nie die raaisel antwoord nie.