14 Terwyl hy slaap, vat D’lilah die sewe lokke van sy hare, weef dit in die weefnet, steek dit vas met die pen en sê vir hom: “Die F’lishtyne is op jou, Shimshon!” Hy het wakker geword uit sy slaap en die weefpen met die weefnet uitgeruk.
15 Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê: ‘Ek het jou lief!’ terwyl jou binneste nie met my is nie? Jy het my nou hierdie drie keer mislei en my nie vertel waar jou groot krag is nie”.
16 Dit het gebeur toe sy hom daagliks met haar woorde gedruk en by hom aangedring het dat sy gees vies was tot die dood toe.
17 Hy het vir haar alles vertel wat in sy gemoed was en vir haar gesê: “Daar het nooit ’n skeermes oor my kop gekom nie, want ek is ’n Natzir tot God van my moeder se baarmoeder af. As ek geskeer word, sou my krag my verlaat en ek sal swak word en wees soos enige man.”
18 Toe D’lilah sien dat hy haar alles vertel het wat in sy binneste was, stuur sy en laat die meesters van die F’lishtyne roep en sê: “Kom weer ’n keer op, want hy het vir my alles wat in sy binneste was, vertel.” Toe kom die meesters van die F’lishtyne op na haar toe en bring die geld in hulle hande.
19 Sy het hom op haar skoot laat slaap en ’n man geroep en hom die sewe haarlokke laat afskeer. Toe het sy hom begin lastig val en sy krag het hom verlaat.
20 Sy het gesê: “Die F’lishtyne is op jou, Shimshon!” Hy het uit sy slaap wakker geword en gesê: “Ek sal uitgaan soos die vorige kere en myself losruk.” Hy het egter nie geweet dat יהוה van hom af weggegaan het nie.