1 In daardie dae was daar geen koning in Yisra’el nie en in dié dae het die stam van die Daniete vir hulleself ’n erfenis gesoek om in te bly, want tot daardie dag toe is al hulle erfenis nog nie aan hulle toegestaan tussen die stamme van Yisra’el nie.
2 Die seuns van Dan het vanuit al die getalle van hulle familie vyf manne, dapper manne uit Tzor’ah en Eshta’ol gestuur om die land te verken en dit te deursoek en vir hulle gesê: “Gaan deursoek die land.” Hulle het in die Bergland van Efrayim gekom en in die huis van Mikhay’hu gebly.
3 Terwyl hulle naby die huis van Mikhay’hu was, het hulle die stem van die jongman, die Leviet, herken en hulle het daar afgedraai en vir hom gesê: “Wie het jou hierheen gebring, wat maak jy hier en wat het jy hier?”
4 Hy sê vir hulle: “So en so het Mikhay’hu aan my gedoen en hy het my gehuur en ek het sy priester geword.”
5 Hulle vra vir hom: “Raadpleeg God asseblief sodat ons kan weet of ons pad waarop ons gaan, voorspoedig sal wees.”