10 As julle ingaan, sal julle by ’n gemaksveilige volk kom met ’n uitgestrekte land, want God het dit in julle hand gegee, ’n plek wat niks te kort het aan enige iets op die aarde nie.”
11 Toe het ses honderd man, bewapen met oorlogswapens, uit die familie van die Daniete, uit Tzor’ah en Eshta’ol, weggetrek.
12 Hulle het opgetrek en kamp opgeslaan by Kiryat-Ye’arim in Y’hudah. Hulle noem daarom dié plek Maganeh-Dan tot vandag toe; let op, dit lê wes van KiryatYe’arim.
13 Hulle het van daar oorgegaan na die Bergland van Efrayim en gekom by die huis van Mikhay’hu.
14 Toe het die vyf man, wat gegaan het om die land van Layish te verken, aan hulle bloedverwante gesê: “Weet julle dat in hierdie huise ’n skouerkleed, huisafgode, ’n gesnede en ’n gegote beeld is? Nou dan, oorweeg wat julle moet doen!”
15 Hulle het daar afgedraai en by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Mikhay’hu gekom en hom na sy welstand gevra.
16 Die ses honderd man, met hulle oorlogswapens, uit die seuns van Dan, het by die ingang van die poort gestaan.