18 Toe daardie manne in die huis van Mikhay’hu ingegaan en die gesnede beeld, die skouerkleed, die huisgode en die gegote beeld gevat het, vra die priester vir hulle: “Wat maak julle?”
19 Hulle sê vir hom: “Bly stil, sit jou hand oor jou mond, kom saam met ons en wees vir ons ’n vader en ’n priester. Is dit vir jou beter om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir ’n stam en ’n familie in Yisra’el?”
20 Die priester se verstand, wil en emosie was bly en hy vat die skouerkleed, die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die mense in.
21 Toe het hulle gedraai en weggegaan en die vee, die waardevolle goed en die beeste voor hulle gesit.
22 Nadat hulle ’n ent weg was van Mikhay’hu se huis af, is die manne van die huise wat naby Mikhay’hu se huis staan, bymekaargeroep en hulle het die seuns van Dan ingehaal.
23 Hulle het uitgeroep na die seuns van Dan, wat omgedraai en vir Mikhay’hu gesê het: “Wat is dit met jou dat julle bymekaargekom het?”
24 Hy het gesê: “Julle het my gode, wat ek gemaak het, weggevat saam met die priester en julle het weggegaan; wat het ek behalwe dit? Hoe kan julle vir my sê: ‘Wat is dit met jou?’”