21 Toe het hulle gedraai en weggegaan en die vee, die waardevolle goed en die beeste voor hulle gesit.
22 Nadat hulle ’n ent weg was van Mikhay’hu se huis af, is die manne van die huise wat naby Mikhay’hu se huis staan, bymekaargeroep en hulle het die seuns van Dan ingehaal.
23 Hulle het uitgeroep na die seuns van Dan, wat omgedraai en vir Mikhay’hu gesê het: “Wat is dit met jou dat julle bymekaargekom het?”
24 Hy het gesê: “Julle het my gode, wat ek gemaak het, weggevat saam met die priester en julle het weggegaan; wat het ek behalwe dit? Hoe kan julle vir my sê: ‘Wat is dit met jou?’”
25 Die seuns van Dan sê vir hom: “Moenie jou stem tussen ons laat hoor nie, anders sal woeste en wrede manne julle oorval en jy sal jou lewe en die lewe van jou huishouding verloor.”
26 Die seuns van Dan het aangegaan op hul pad en toe Mikhay’hu sien dat hulle te sterk was vir hom, het hy omgedraai en teruggegaan na sy huis.
27 Toe het hulle gevat wat Mikhay’hu gemaak het en die priester wat aan hom behoort het en hulle het by Layish, ’n rustige en gemaksveilige volk, gekom en hulle met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.