9 Toe die man opstaan om saam met sy byvrou en sy dienskneg weg te gaan, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: “Let nou op, die dag is op sy einde; bly asseblief die nag oor sodat jou gemoed vrolik kan wees, dan, môre, kan julle vroeg opstaan vir julle reis sodat julle huis toe kan gaan.
10 Die man was egter nie gewillig om die nag oor te bly nie en hy het opgestaan en vertrek en saam met ’n paar opgesaalde donkies en sy byvrou by ’n plek oorkant Y’vus (dit is Yerushalayim) aangekom.
11 Toe hulle Y’vus nader, was die dag amper verby en die dienskneg sê vir sy meester: “Kom, asseblief en laat ons uitdraai na hierdie stad van die Y’vusiete en daarin oornag.”
12 Sy meester sê egter vir hom: “Ons sal nie uitdraai na ’n stad van vreemdelinge wat nie van die seuns van Yisra’el is nie, maar ons sal aangaan so ver as Giv’ah.
13 Hy sê vir sy dienskneg: “Kom, laat ons nader gaan na een van hierdie plekke en in Giv’ah of Ramah oornag.
14 Hulle het verbygetrek en op hulle pad gegaan en die son het oor hulle ondergegaan naby Giv’ah wat aan Binyamin behoort.
15 Hulle het daar afgedraai om in Giv’ah in te gaan en te bly. Toe hulle ingegaan het, het hulle in die oop plein van die stad gaan sit, want niemand het hulle in sy huis ingeneem om te oornag nie.