1 Die engel van יהוה het van Gilgal af opgekom na Bokhim en gesê: “Ek het julle uit Mitzrayim uitgebring en julle in die land ingelei wat Ek julle vaders met ’n eed beloof het en gesê: ‘Ek sal nooit My verbond met julle verbreek nie,
2 maar wat julle betref, julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land sluit nie; julle moet hulle altare afbreek.’ Maar julle het My nie gehoorsaam nie; wat is hierdie wat julle gedoen het?Y’ho 23; Y’ho 24
3 Ek het daarom ook gesê: ‘Ek sal hulle nie voor julle uit verdryf nie, maar hulle sal soos dorings in julle sye wees en hulle gode vir julle ’n valstrik.”
4 Toe die engel van יהוה al hierdie woorde met die seuns van Yisra’el praat, het al die mense hulle stemme opgelig en gehuil.
5 Hulle het dié plek Bokhim genoem en daar aan יהוה geoffer.
6 Toe Y’hoshua die volk laat gaan het, het die seuns van Yisra’el elkeen na sy erfenis gegaan om die land in besit te neem.