19 maar dit het gebeur dat wanneer die rigter sterf, hulle terugdraai en nog meer korrup optree as hulle vaders, deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en voor hulle neer te buig; hulle het nie hulle gebruike of hulle hardnekkige maniere laat vaar nie.
20 Die woede van יהוה het teen Yisra’el gebrand en Hy het gesê: “Omdat hierdie nasie My verbond, wat Ek hulle vaders beveel het, oortree het en nie na My stem geluister het nie,
21 sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Y’hoshua by sy dood laat agterbly het, voor hulle uit wegdryf nie,
22 om Yisra’el deur hulle te toets, of hulle die pad van יהוה sal hou deur daarin te loop soos hulle vaders, of nie.Y’ho 13:6
23 יהוה het toegelaat dat daardie nasies bly en hulle nie gou uitgedryf nie en Hy het hulle nie in die hand van Y’hoshua gegee nie.