3 Ek het daarom ook gesê: ‘Ek sal hulle nie voor julle uit verdryf nie, maar hulle sal soos dorings in julle sye wees en hulle gode vir julle ’n valstrik.”
4 Toe die engel van יהוה al hierdie woorde met die seuns van Yisra’el praat, het al die mense hulle stemme opgelig en gehuil.
5 Hulle het dié plek Bokhim genoem en daar aan יהוה geoffer.
6 Toe Y’hoshua die volk laat gaan het, het die seuns van Yisra’el elkeen na sy erfenis gegaan om die land in besit te neem.
7 Die volk het יהוה gedien al die dae van Y’hoshua en al die dae van die oudstes, wat Y’hoshua oorleef het, wat al die groot werke van יהוה gesien het wat Hy vir Yisra’el gedoen het.
8 Toe is Y’hoshua, die seun van Nun, die dienskneg van יהוה, dood op die ouderdom van honderd en tien jaar
9 en hulle het hom begrawe in die gebied van sy erfenis in Timnat-Serag, op die gebergte van Efrayim, noord van die berg Ga’ash.