32 Die seuns van Binyamin het gesê: “Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer,” maar die seuns van Yisra’el het gesê: “Laat ons vlug om hom van die stad af weg te trek na die grootpaaie toe.”
33 Toe staan al die manne van Yisra’el op uit hulle plekke en neem stelling in by Ba’al-Tamar en die manne van Yisra’el wat in hinderlaag was ruk op uit hulle plekke, uit die grotte van Giv’ah.
34 Toe tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Yisra’el teen Giv’ah aankom, het die geveg hewig geword, maar Binyamin het nie geweet dat die ramp naby hulle was nie.
35 יהוה het Binyamin voor Yisra’el verslaan sodat die seuns van Yisra’el op dié dag vyf en twintig duisend een honderd man, wat almal die swaard uittrek, van Binyamin vernietig het.
36 Die seuns van Binyamin het gesien dat hulle verslaan is. Toe die manne van Yisra’el ruimte vir Binyamin gee omdat hulle vertrou het op die manne in die hinderlaag wat hulle teen Giv’ah opgestel het,
37 het die manne in die hinderlaag vinnig teen Giv’ah gestorm; die manne in die hinderlaag het ook ontplooi en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.
38 Die gegewe teken tussen die manne van Yisra’el en die manne in die hinderlaag was dat hulle ’n groot rookwolk uit die stad sal laat optrek.