14 Binyamin het in dié tyd teruggekom en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Yavesh-Gil’ad lewend behou het, vir hulle gegee; tog was daar nie genoeg vir hulle nie.
15 Die volk was jammer vir Binyamin omdat יהוה ’n skeuring gemaak het onder die stamme van Yisra’el.
16 Toe sê die oudstes van die vergadering: “Wat sal ons doen aangaande vroue vir die wat oorgebly het, aangesien die vroue uit Binyamin vernietig is?
17 Hulle het gesê: “Daar moet ’n erfenis wees vir die oorlewendes van Binyamin sodat ’n stam nie uit Yisra’el uitgedelg mag word nie,
18 maar ons self kan geen vroue uit ons dogters aan hulle gee nie,” want die seuns van Yisra’el het gesweer en gesê: “Vervloek is hy wat ’n vrou aan Binyamin gee.”
19 Hulle het gesê: “Let op, daar is jaar vir jaar ’n fees tot יהוה in Shiloh, wat noord van Beit-El lê, oos van die grootpad wat opgaan van Beit-El na Sh’khem en suid van Levonah.
20 Hulle het die seuns van Binyamin beveel en gesê: “Gaan lê en wag in die wingerde,