1 Hierdie is die nasies wat יהוה laat oorbly het om Yisra’el te toets (almal wat nie enige van die oorloë van Kena’an ondervind het nie;
2 net sodat die geslagte van die seuns van Yisra’el oorlog geleer kan word, hulle wat dit nie vroeër ervaar het nie):
3 die vyf meesters van die F’lishtyne en al die Kena’aniete, Tzidoniete en Hiviete wat in die L’vanongebergte gebly het, van die berg Ba’al-Hermon af tot by Levo-Hamat.
4 Hulle was daar om Yisra’el te toets, om uit te vind of hulle die opdragte van יהוה, wat Hy hulle vaders deur Moshe beveel het, sou gehoorsaam.
5 Die seuns van Yisra’el het tussen die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete gebly;
6 hulle dogters as hulle vroue gevat en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.
7 Die seuns van Yisra’el het gedoen wat boos was in die oë van יהוה en יהוה, hulle God, vergeet en die Ba’als en die `Asherot gedien.