3 die vyf meesters van die F’lishtyne en al die Kena’aniete, Tzidoniete en Hiviete wat in die L’vanongebergte gebly het, van die berg Ba’al-Hermon af tot by Levo-Hamat.
4 Hulle was daar om Yisra’el te toets, om uit te vind of hulle die opdragte van יהוה, wat Hy hulle vaders deur Moshe beveel het, sou gehoorsaam.
5 Die seuns van Yisra’el het tussen die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete gebly;
6 hulle dogters as hulle vroue gevat en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.
7 Die seuns van Yisra’el het gedoen wat boos was in die oë van יהוה en יהוה, hulle God, vergeet en die Ba’als en die `Asherot gedien.
8 Toe het die woede van יהוה teen Yisra’el ontvlam sodat Hy hulle verkoop het in die hand van Kushan-Rish’atayim, koning van Aram-Naharayim (Mesopotamië) en die seuns van Yisra’el het Kushan-Rish’atayim agt jaar lank gedien.Rig 1:11-13
9 Toe die seuns van Yisra’el na יהוה uitgeroep het, het יהוה ’n bevryder vir die seuns van Yisra’el opgewek, wat hulle bevry het: `Otni’el, die seun van K’naz, die jonger broer van Kalev.