13 Toe het die bevryder afgekom om lofprysing tot יהוה te sing; U het vir my oorwinning gegee deur die hand van ’n man uit Efrayim.
14 Barak se woorde is bekend in `Amalek; na jou, trek Binyamin, wat omgee vir jou; vanuit Makhir kom ’n bevelvoerder en vanaf Z’vulun dié wat skryf met die pen van ’n skrywer
15 en die prinse van Yissakhar was by D’vorah; soos Yissakhar, so was Barak tussen die mense: hy is per voet na ’n gedeelte van Re’uven gestuur; groot is hulle wat Godsopenbarings vir die verstand, wil en emosie gee.
16 Waarom het jy tussen die veekrale gesit; om die fluitspel vir die troppe te hoor? Tussen die afdelings van Re’uven was die ondersoeke van die verstand, wil en emosie groot.
17 Gil’ad het anderkant die Yarden gebly en hoekom het Dan in skepe gebly? Asher het by die seestrand gesit en by sy baaie gebly.
18 Z’vulun is ’n volk wat hulle lewens verag tot die dood toe; ook Naftali, op die hoë plekke van die veld.
19 Die konings het gekom en geveg; toe het die konings van Kena’an geveg by Ta’anakh, naby die waters van Megiddo; hulle het geen plunder of silwer gevat nie.