3 Hoor, o konings! Luister, o heersers! Ek sal sing tot יהוה; ek sal met instrumente tot יהוה, die God van Yisra’el, speel.
4 יהוה, toe U uitgegaan het uit Se’ir; toe U marsjeer het uit die veld van Edom; het die aarde gebewe, ook die hemele het gedrup, selfs die wolke het water gedrup.
5 Die berge het geskud in die Teenwoordigheid van יהוה; hierdie Sinai in die Teenwoordigheid van יהוה, die God van Yisra’el.
6 In die dae van Shamgar, die seun van `Anat; in die dae van Ya’el, was die hoofpaaie verlate en die reisigers het langs ompaaie gegaan.
7 Leierskap het opgehou, dit het opgehou in Yisra’el totdat ek, D’vorah, opgestaan het; totdat ek, ’n moeder in Yisra’el, opgestaan het.
8 Nuwe gode is gekies; toe is daar oorlog in die poorte. Daar was nie ’n skild of spies te sien onder veertig duisend in Yisra’el nie.
9 My diepste binneste gaan uit na die bevelvoerders van Yisra’el; die vrywilligers onder die volk; lofprys יהוה!