1 Toe het Yeruba’al, (dit is Gid’on) en al die manne wat by hom was, vroeg opgestaan en langs `Ein-Harod gekamp en die kamp van Midyan was aan hulle noordekant by die heuwel Moreh, in die vallei.
2 יהוה sê vir Gid’on: “Die manne wat by jou is, is te veel vir My om Midyan in hulle hand te gee, want Yisra’el sal roem deur te sê: ‘My eie krag het my bevry.’
3 Kom daarom, verklaar ten aanhore van die manne en sê: ‘Wie ook al bang is en bewe, laat hulle teruggaan en wegdraai van die berg Gil’ad af.’” Twee en twintig duisend manne het teruggegaan, maar tien duisend het oorgebly.
4 Toe sê יהוה vir Gid’on: “Die manne is nog te veel; bring hulle af na die water en Ek sal hulle daar vir jou toets. Dit sal daarom wees dat hy van wie Ek vir jou sê: ‘Hierdie een moet saam met jou gaan,’ hy moet saam met jou gaan, maar elkeen van wie Ek vir jou sê: ‘Hierdie een moenie saam met jou gaan nie,’ hy moenie gaan nie.”
5 Hy bring toe die manne af na die water en יהוה sê vir Gid’on: “Elkeen wat met sy tong die water oplek soos wat ’n hond lek, moet jy bymekaar laat staan; sowel as elkeen wat kniel om te drink, moet bymekaar staan.”
6 Nou, die aantal van die wat opgelek het deur hulle hand na hulle mond toe te bring, was drie honderd man, maar al die res van die manne het gekniel om te drink.