8 Eendag het die bome gegaan om ’n koning oor hulle te salf en vir die olyfboom gesê: ‘Heers oor ons!’
9 Die olyfboom het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my vettigheid opgee waarmee hulle gode en mense vereer en oor die bome gaan swewe?’
10 Toe sê die bome vir die vyeboom: ‘Kom jy, heers oor ons!’
11 Die vyeboom het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?’
12 Toe sê die bome vir die wingerdstok: ‘Kom jy, heers oor ons!’
13 Die wingerdstok het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my nuwe wyn opgee waarin God en die mense hulle verheug en oor die bome gaan swewe?’
14 Ten einde sê al die bome vir die doringboom: ‘Kom jy, heers oor ons!’