1 Dit het gebeur in die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand terwyl ek tussen die ballinge by die K’varrivier was, dat die hemele oopgemaak is en ek visioene van God gesien het.
2 Op die vyfde van die maand, in die vyfde jaar van die ballingskap van koning Y’hoyakhin,
3 het die woord van יהוה uitdruklik tot Yegezk’el, die priester, die seun van Buzi, gekom in die land van die Kasdeërs, by die K’varrivier en daar het die hand van יהוה op hom gekom.
4 Terwyl ek kyk, let op, het ’n stormwind uit die noorde gekom, ’n groot wolk met aanhoudende flitsende vuur en ’n helder lig rondom dit en in die middel daarvan, iets soos gloeiende metaal, binne-in die vuur.
5 Binne-in dit was figure wat gelyk het soos vier lewende wesens en dit was hulle voorkoms: hulle het ’n menslike vorm gehad.