1 In die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
2 “Seun van ’n mens, sê vir Farao, koning van Mitzrayim en aan sy menigtes: ‘Soos wie is jy in jou grootheid?
3 Let op, Ashur was ’n seder op die L’vanon met mooi takke, ’n skaduryke bos, baie hoog en sy top was tussen die wolke.
4 Die waters het hom laat groei, die diepte het hom hoog gemaak. Met sy riviere het hy aanhoudend uitgebrei reg rondom die plek waar hy geplant was en sy kanale uitgestuur na al die bome van die veld;
5 daarom was sy hoogte hoër as al die bome van die veld en het sy lote baie geword en sy takke lank, as gevolg van baie waters terwyl hy hulle uitsprei.
6 Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke en al die wilde diere van die veld het geboorte gegee onder sy lote en al die groot nasies het onder sy skaduwee geleef.
7 So was dit pragtig in sy grootheid, in die lengte van sy takke, want sy wortels het uitgesprei na baie waters.
8 Die seders in God se tuin kon nie met hom vergelyk nie; die sipresse kon nie vergelyk met sy lote nie en die plataanboom kon nie met sy takwerk vergelyk nie. Geen boom in die tuin van God kon met hom vergelyk in sy prag nie.
9 Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke en al die bome van `Eden, wat in die tuin van God was, was jaloers op hom.
10 יהוה-God sê daarom: “Omdat hy hoog is en sy top tussen die wolke opgelig het en hoogmoedig is in sy hoogte,
11 daarom het Ek hom oorgegee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal deeglik met hom handel; volgens sy boosheid het Ek hom weggedryf.
12 Vreemde tiranne van die nasies het hom afgekap en hom gelos; op die berge en in al die valleie het sy takke geval en sy loof het in al die klowe van die land gebreek en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom verlaat.
13 Al die voëls van die hemel sal op sy puin bly en al die wilde diere van die veld op sy takke
14 sodat al die bome by die waters hulself nie kan oplig oor hul hoogte, of hulle top tussen die wolke sou oplig nie, of hulle goed natgemaakte magtiges nie regop sou staan in hulle hoogte nie, want hulle is almal oorgegee aan die dood, aan die aarde daar onder, tussen die seuns van die mens, saam met die wat afgaan na die put.”
15 So sê יהוה-God: “Op die dag toe hy afgegaan het na Sh’ol, het Ek ’n klaaglied aangehef; Ek het die waters van die dieptes toegemaak, die riviere teruggehou en die baie waters is gestop; Ek het die L’vanon oor hom laat treur en al die bome van die veld het weggeteer om sy ontwil.
16 Ek het die nasies laat bewe deur die geluid van sy val, toe Ek hom na Sh’ol laat afgaan het saam met die wat afgaan na die put en al die goed natgemaakte bome van `Eden, die keur en bestes van die L’vanon, is getroos in die diepste dele van die aarde.
17 Hulle het ook saam met hom afgegaan na Sh’ol, na die wat neergeslaan is deur die swaard en die wat kragtig was, het in sy skaduwee tussen die nasies geleef.
18 Tot watter tussen die bome van `Eden is jy so gelyk in lof en eer en in grootheid? Tog sal jy afgebring word saam met die bome van `Eden na die aarde daar onder; jy sal tussen die onbesnedenes lê, saam met die wat neergeslaan is deur die swaard. So is Farao en al sy menigtes,’” verklaar יהוה-God.”