16 Die voorkoms van die wiele en hulle vakmanskap was soos skitterende beril en al vier het dieselfde vorm gehad; hulle voorkoms en hulle vakmanskap was asof daar een wiel binne-in ’n ander was.
17 Wanneer hulle beweeg, het hulle in enige van hulle vier rigtings beweeg sonder om te draai as hulle beweeg.
18 Hulle vellings was verhewe en wonderbaar en al vier se vellings was vol oë reg rondom.
19 Wanneer die lewende wesens beweeg, beweeg die wiele saam met hulle en wanneer die lewende wesens oplig van die grond af, lig die wiele ook.
20 Waar hulle gees ook al heen wou gaan, in daardie rigting het hulle gegaan; die wiele het naby, langs hulle opgelig, want die gees van die lewende wesens was in die wiele.
21 Wanneer dié gaan, gaan hulle en wanneer dié stil staan, staan hulle stil en wanneer dié hulle van die grond af oplig, lig die wiele naby langs hulle op, want die gees van die lewende wesens was in die wiele.
22 Oor die koppe van die lewende wesens was daar iets soos ’n uitgestrektheid, soos die wonderbare skynsel van kristal, uitgesprei bo-oor hulle koppe.