6 Elkeen van hulle het vier gesigte en vier vlerke gehad.
7 Hulle bene was reguit en hulle voete soos ’n kalf se hoef en hulle het geskitter soos blink gevryfde koper.
8 Onder hulle vlerke aan hulle vier kante was mensehande. Wat die vier van hulle se gesigte en vlerke betref:
9 hulle vlerke het aanmekaar geraak. Hulle gesigte het nie gedraai wanneer hulle beweeg nie; elkeen het reguit vorentoe gegaan.Open 4:7
10 Wat die vorm van hulle gesigte betref: elkeen het die gesig van ’n man gehad; al vier het die gesig van ’n leeu aan die regterkant en die gesig van ’n bul aan die linkerkant gehad; al vier het die gesig van ’n arend gehad.
11 Dit was hulle gesigte. Hulle vlerke was boontoe uitgesprei; elkeen het twee gehad wat aan ’n ander geraak het en twee wat hulle liggame bedek het.
12 Elkeen het reguit vorentoe gegaan; waar hul gees ook al heen gegaan het, het hulle gegaan, sonder om te draai as hulle gaan.