7 Hulle bene was reguit en hulle voete soos ’n kalf se hoef en hulle het geskitter soos blink gevryfde koper.
8 Onder hulle vlerke aan hulle vier kante was mensehande. Wat die vier van hulle se gesigte en vlerke betref:
9 hulle vlerke het aanmekaar geraak. Hulle gesigte het nie gedraai wanneer hulle beweeg nie; elkeen het reguit vorentoe gegaan.Open 4:7
10 Wat die vorm van hulle gesigte betref: elkeen het die gesig van ’n man gehad; al vier het die gesig van ’n leeu aan die regterkant en die gesig van ’n bul aan die linkerkant gehad; al vier het die gesig van ’n arend gehad.
11 Dit was hulle gesigte. Hulle vlerke was boontoe uitgesprei; elkeen het twee gehad wat aan ’n ander geraak het en twee wat hulle liggame bedek het.
12 Elkeen het reguit vorentoe gegaan; waar hul gees ook al heen gegaan het, het hulle gegaan, sonder om te draai as hulle gaan.
13 In die middel van die lewende wesens was daar iets wat gelyk het soos brandende kole van vuur, soos fakkels wat heen en weer tussen die lewende wesens spring. Die vuur was helder en weerlig het uit die vuur geslaan.