2 Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, hierdie is die manne wat onregverdigheid uitdink en bose raad gee in hierdie stad,
3 wat sê: ‘Is die tyd nie naby om huise te bou nie? Hierdie stad is die pot en ons is die vleis.’
4 Profeteer daarom teen hulle, seun van ’n mens, profeteer!”
5 Toe val die Gees van יהוה op my en Hy sê vir my: “Sê: ‘So sê יהוה: “So het julle gedink, huis van Yisra’el, want Ek ken julle gedagtes.
6 Julle het die wat deur julle verslaan is, in hierdie stad vermenigvuldig en julle het sy strate vol gemaak met hulle.”
7 יהוה-God sê daarom: “Die wat deur julle verslaan is, wat in die middel van die stad neergelê is, is die vleis en hierdie stad is die pot, maar Ek sal júlle daar uitbring.
8 Julle het ’n swaard gevrees; Ek sal ’n swaard oor julle bring,” verklaar יהוה-God.