1 Toe het sommige van die oudstes van Yisra’el na my toe gekom en voor my gaan sit.
2 Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:
3 “Seun van ’n mens, hierdie manne het hulle afgode in hulle verstand, wil en emosie opgestel en het die struikelblok van hulle onregverdigheid reg voor hulle gesigte neergesit. Sal Ek enigsins deur hulle geraadpleeg word?2 Thes 2:11
4 Praat daarom met hulle en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Enige man uit die huis van Yisra’el wat sy afgode in sy verstand, wil en emosie opstel, die struikelblok van sy onregverdigheid reg voor sy gesig neersit en dan na die profeet toe kom, sal Ek, יהוה, teen hom ’n Getuie wees, as gevolg van die menigte van sy afgode