7 want enige een uit die huis van Yisra’el of uit die vreemdelinge wat in Yisra’el bly, wat homself van My af afsonder, sy afgode in sy verstand, wil en emosie opstel en die struikelblok tot sy onregverdigheid reg voor sy gesig neersit en dan na die profeet toe kom om My vir homself te raadpleeg, sal Ek, יהוה, teen hom ’n Getuie wees.
8 Ek sal My gesig draai teen daardie man en van hom ’n teken en ’n spreekwoord maak en Ek sal hom afsny uit die midde van My volk. So sal julle weet dat Ek יהוה is.
9 As die profeet egter oortuig word om ’n boodskap vir hom te bring, is dit Ek, יהוה, wat dié profeet oortuig het en Ek sal My hand teen hom uitstrek en hom vanuit die midde van My volk Yisra’el uit vernietig.
10 Hulle sal die straf van hulle oortredinge dra: soos die oortreding van die navraer is, so sal die oortreding van die profeet wees
11 sodat die huis van Yisra’el nie langer van My af wegdwaal en hulle nie langer onrein is deur al hulle oortredinge nie. Dan sal hulle My volk wees en Ek sal hulle God wees,’” verklaar יהוה-God.”Yir 14; Yir 15
12 Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
13 “Seun van ’n mens, as ’n land teen My sondig deur ontrouheid te pleeg en Ek My hand daarteen uitstrek en die voorsiening van brood vernietig, hongersnood teen dit stuur en daaruit afsny beide mens en dier,