5 Let op, terwyl dit heel is, word daar niks van gemaak nie; hoeveel minder, wanneer die vuur dit verteer het en dit verkool is, kan dit nog tot iets gemaak word!
6 יהוה-God sê daarom: ‘Soos wat Ek die hout van die wingerdstok vanuit al die hout van die bos aan die vuur oorgegee het as brandstof, so het Ek die inwoners van Yerushalayim oorgegee
7 en Ek draai My gesig teen hulle. Alhoewel hulle uit die vuur uitgekom het, nogtans sal die vuur hulle verteer. Dan sal julle weet dat Ek יהוה is wanneer Ek My gesig teen hulle draai.
8 So sal Ek die land verlate maak omdat hulle ontrou gehandel het,’” verklaar יהוהGod.