1 Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
2 “Seun van ’n mens, maak aan Yerushalayim haar verwerplikhede bekend
3 en sê: ‘So sê יהוה-God vir Yerushalayim: “Jou oorsprong en jou geboorte is uit die land van die Kena’niete; jou vader was ’n Emoriet en jou moeder ’n Hittiet.
4 Wat jou geboorte betref, op die dag toe jy gebore is, is jou naelstring nie geknip nie en jy is ook nie met water gewas om jou te reinig nie; jy is ook nie met sout ingevryf of in doeke toegedraai nie.