17 Jy het ook jou mooi juweliersware wat uit My goud en My silwer gemaak is, wat Ek vir jou gegee het, gevat en jy het vir jou beelde van manne gemaak om daarmee te hoereer.
18 Toe het jy jou geborduurde klere gevat en hulle bedek en My olie en My wierook voor hulle geoffer.
19 Jy het ook My brood wat Ek vir jou gegee het, fyn meel, olie en heuning waarmee Ek jou gevoed het, voor hulle neergesit as ’n strelende reuk; so het dit gebeur,” verklaar יהוה-God.
20 “Meer nog, jy het jou seuns en jou dogters, wat jy vir My geboorte aan gegee het, gevat en hulle aan afgode geoffer om verteer te word. Was jou hoererye dan so ’n klein sakie?Deut 18:10; 2 Kon 17:17; 2 Kon 21:6; 2 Kro 28:3
21 Jy het My kinders geslag en hulle aan afgode geoffer deurdat jy hulle deur die vuur laat gaan het.
22 Saam met al jou verwerplikhede en hoererye het jy nie die dae van jou jeug onthou, toe jy naak en kaal was en gespartel het in jou bloed nie.
23 Toe het dit gebeur ná al jou booshede; ‘wee, wee jou!’” verklaar יהוה-God,