3 en sê: ‘So sê יהוה-God vir Yerushalayim: “Jou oorsprong en jou geboorte is uit die land van die Kena’niete; jou vader was ’n Emoriet en jou moeder ’n Hittiet.
4 Wat jou geboorte betref, op die dag toe jy gebore is, is jou naelstring nie geknip nie en jy is ook nie met water gewas om jou te reinig nie; jy is ook nie met sout ingevryf of in doeke toegedraai nie.
5 Geen oog het met jammerte na jou gekyk om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou om te gee nie. Jy is eerder op die oop veld uitgegooi, want jy is verafsku op die dag toe jy gebore is.
6 Toe Ek by jou verbygaan en jou sien spartel in jou bloed, het Ek vir jou gesê terwyl jy in jou bloed spartel: ‘Leef!’
7 Ek het jou talryk gemaak soos die plante van die veld. Toe het jy gegroei en groot geword en die ouderdom bereik vir mooi ornamente; jou borste het gevorm en jou hare het gegroei en tog was jy naak en kaal.Open 19:8 Ek het ook vir jou gesweer en met jou ’n verbond aangegaan dat jy Myne geword het,” verklaar יהוה-God.
8 Toe het Ek by jou verbygegaan en jou gesien en let op, jy het die tyd bereik vir liefde; Ek het dus My kleed oor jou uitgesprei en jou kaalheid toegemaak.
9 Toe het Ek jou met water gewas, jou bloed van jou afgewas en jou met olie gesalf.