34 So is jy anders as daardie vrouens in jou hoererye, deurdat niemand hoereer soos jy nie omdat jy geld gee en geen geld word vir jou gegee nie; daarin is jy anders.”
35 O, hoer, hoor en doen daarom die woord van יהוה.
36 So sê יהוה-God: “Omdat jou onkuisheid uitgestort is en jou naaktheid ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou verwerplike afgode en as gevolg van die bloed van jou seuns wat jy vir afgode gegee het,
37 let daarom op, Ek sal al jou minnaars versamel waarmee jy plesier gehad het, almal wat jy liefgehad het en almal wat jy gehaat het. So sal Ek hulle van alle kante af teen jou bymekaarmaak en jou naaktheid aan hulle ontbloot sodat hulle jou volle naaktheid kan sien.
38 So sal Ek jou oordeel soos vroue wat owerspel pleeg en bloed vergiet geoordeel word en Ek sal die bloed van toorn en jaloesie op jou afbring.
39 Ek sal jou ook oorgee in die hand van jou minnaars en hulle sal jou afgesonderde plekke afbreek, jou hoë plekke verwoes, jou stroop van jou klere, jou juwele wegvat en jou naak en kaal los.
40 Hulle sal ’n skare mense teen jou aanhits, jou stenig en jou met hulle swaarde in stukke kap.