58 Jy het die straf van jou onkuisheid en verwerplikhede gedra,” verklaar יהוה-God,
59 want so sê יהוה-God: “Ek sal ook met jou doen soos wat jy gedoen het, jy wat die eed geminag het deur die verbond te verbreek.Yir 31:33
60 Nogtans sal Ek My verbond met jou in die dae van jou jeug onthou en Ek sal ’n ewige verbond met jou oprig.
61 Dan sal jy jou lewenswyse onthou en skaam wees wanneer jy jou susters ontvang, beide die ouer en die jonger en Ek sal hulle aan jou gee as dogters, maar nie as gevolg van jou verbond nie.
62 So sal Ek My verbond met jou bevestig en jy sal weet dat Ek יהוה is
63 sodat jy kan onthou en skaam wees en nooit weer jou mond oopmaak as gevolg van jou vernedering nie, wanneer Ek jou vergewe het vir alles wat jy gedoen het,” verklaar יהוה-God.