14 As hy egter ’n seun het wat al die sondes sien wat sy vader gedoen het en nie dieselfde doen nie:
15 hy eet nie afgodsoffers op die berge en slaan nie sy oë op na die afgode van die huis van Yisra’el, of onteer die vrou van sy naaste nie;
16 verdruk niemand of hou ’n waarborg terug of roof nie, maar gee sy brood vir die hongeres en bedek die wat kaal is met klere;
17 hy weier nie om die armes te help nie en vat geen rente of meer nie, maar voer My wette uit en leef in My instellings; hy sal nie sterf vir sy vader se oortredinge nie, hy sal sekerlik leef.
18 Wat sy vader betref, omdat hy afpersing toegepas het, sy broer beroof het en onder sy volk gedoen het wat nie goed is nie, let op, hy sal vir sy oortredinge sterf.
19 Nogtans sê julle: ‘Waarom sou die seun nie die straf vir die vader se oortredinge dra nie?’ Wanneer die seun regverdigheid, onpartydige opregtheid gepraktiseer het en al My instellings onderhou en dit gedoen het, sal hy sekerlik leef!Deut 24:16; 2 Kon 14:6; Yir 31:30
20 Die persoon wat sondig sal sterf. Die seun sal nie die straf dra vir die vader se oortredinge nie en die vader sal ook nie die straf dra vir die seun se oortredinge nie; die regverdigheid van die onpartydige en opregte sal op homself wees en die boosheid van die bose oortreder sal op homself wees.