1 Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:
2 “Seun van ’n mens, draai jou gesig na Yerushalayim en praat teen die afgesonderde plekke en profeteer teen die land van Yisra’el
3 en sê vir die land van Yisra’el: ‘So sê יהוה: “Let op, Ek is teen jou en Ek sal My swaard uit sy skede trek en die regverdige en die bose oortreder van jou af afsny.
4 Omdat Ek die regverdige en die bose oortreder van jou sal afsny, daarom sal My swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, vanaf die suide tot by die noorde.
5 So sal alle vlees weet dat Ek, יהוה, My swaard uit sy skede getrek het. Dit sal nie weer daarheen terugkeer nie.’”
6 “Wat jou betref, o seun van ’n mens, kreun van ’n gebroke binneste en bitter droefheid, kreun voor hulle oë.