1 Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
2 “En jy, seun van ’n mens, wil jy oordeel, wil jy die bloedstad oordeel? Maak dan dat sy al haar verwerplikhede ken.
3 Jy moet sê: ‘So sê יהוה-God: “’n Stad wat bloed vergiet in haar midde sodat haar tyd kan kom en wat afgode teen haarself maak, tot ontering!
4 Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword en deur jou afgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; so het jy jou dag verhaas en by jou jare gekom; daarom maak Ek jou tot ’n beskuldiging vir die nasies en ’n spot vir al die lande.