18 Sy het haar hoererye en haar naaktheid openbaar; toe het sy My gewalg, soos wat haar suster My gewalg het.
19 Nogtans het sy haar hoererye vermenigvuldig, die dae van haar jeug onthou toe sy ’n hoer in die land van Mitzrayim was.
20 Sy het gesmag na haar minnaars, wie se geslagsdele is soos die geslagsdele van donkies en hulle uitstorting soos die uitstorting van perde.
21 So het jy na die onkuisheid van jou jeug verlang, toe jou maagdelikheid in Mitzrayim verbreek is en die borste van jou jeug geliefkoos is.
22 יהוה-God sê daarom, o Oholivah: ‘Let op, Ek sal jou minnaars aanhits teen jou, van wie jy vervreemd geraak het en Ek sal hulle van alle kante af teen jou bring:
23 die seuns van Bavel en almal van die Kasdeërs, P’kod, Shoa en Koa, al die seuns van Ashur saam met hulle; begeerlike jongmanne wat almal goewerneurs en amptenare is, offisiere en manne van aansien, wat almal op perde ry.
24 Hulle sal teen jou kom met wapens, strydwaens en waens en met ’n menigte van volke. Hulle sal hulleself rondom jou opstel met groot skilde, skilde en helms en Ek sal die oordeel aan hulle oorgee en hulle sal jou oordeel volgens hulle gewoonte.