23 die seuns van Bavel en almal van die Kasdeërs, P’kod, Shoa en Koa, al die seuns van Ashur saam met hulle; begeerlike jongmanne wat almal goewerneurs en amptenare is, offisiere en manne van aansien, wat almal op perde ry.
24 Hulle sal teen jou kom met wapens, strydwaens en waens en met ’n menigte van volke. Hulle sal hulleself rondom jou opstel met groot skilde, skilde en helms en Ek sal die oordeel aan hulle oorgee en hulle sal jou oordeel volgens hulle gewoonte.
25 Ek sal My jaloesie teen jou opstel dat hulle teen jou in toorn sal optree. Hulle sal jou neus en jou ore verwyder en jou oorlewendes sal deur die swaard val. Hulle sal jou seuns en jou dogters vat en jou oorlewendes sal deur vuur verteer word.
26 Hulle sal jou ook stroop van jou klere en jou pragtige juwele wegvat.
27 So sal Ek jou onkuisheid en jou hoerery vanaf die land van Mitzrayim laat ophou sodat jy nie meer jou oë sal oplig na hulle toe of Mitzrayim onthou nie,’
28 want so sê יהוה-God: ‘Let op, Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jy haat, in die hand van hulle van wie jy vervreemd geraak het.
29 Hulle sal met jou handel in haat, al jou eiendom vat en jou naak en kaal laat staan. Die naaktheid van jou hoerery sal ontbloot word, beide jou onsedelikheid en jou hoererye.