5 Oholah het gehoereer terwyl sy Myne was en sy het na haar minnaars, vanaf Ashur, haar bure,
6 wat in pers aangetrek was, goewerneurs en amptenare, almal begeerlike jongmanne, ruiters wat op perde ry, gesmag.
7 Sy het haar hoererye op hulle uitgestort, almal wat die keur manne uit Ashur was en met almal waarna sy gesmag het, met al hulle afgode het sy haarself verontreinig.
8 Sy het nie haar hoererye, vanaf die tyd in Mitzrayim, laat staan nie, want in haar jeug het manne by haar gelê en hulle het haar maagdelike borste hanteer en hul luste op haar uitgestort.
9 Ek het haar daarom oorgegee in die hand van haar minnaars, in die hand van hulle van Ashur, na wie sy gesmag het.
10 Hulle het haar naaktheid ontbloot; haar seuns en haar dogters gevat, maar haar met die swaard doodgemaak en so het sy ’n bywoord onder vroue geword en hulle het oordeel oor haar voltrek.
11 Haar suster Oholivah het dit gesien, nogtans was sy meer korrup in haar luste as sy en haar hoererye was meer as die hoerery van haar suster.