1 Die woord van יהוה het tot my gekom in die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende van die maand en gesê:
2 “Seun van ’n mens, skryf vir jou die naam van die dag, hierdie selfde dag, neer. Die koning van Bavel het op hierdie selfde dag vir Yerushalayim beleër.
3 Vertel ’n vergelykende storie aan die rebelse huis en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Sit die pot op, sit dit op en gooi ook water daarin;
4 sit die stukke daarin, elke goeie stuk, die boud en die blad; maak dit vol met die beste bene.
5 Vat die beste van die kleinvee en stapel ook hout onder die pot. Laat dit sterk kook; ook die bene moet daarin kook.”