2 “Jy, seun van ’n mens, neem ’n klaaglied op oor Tzor
3 en sê vir Tzor, wat by die ingang na die see bly, handelaars van die volke na baie kuslande toe: ‘So sê יהוה-God: O Tzor, jy het gesê: Ek is volmaak in mooiheid.’
4 Jou grense is in die binneste van die seë; jou bouers het jou mooiheid volmaak gemaak.
5 Hulle het al jou planke van dennebome vanaf S’nir gemaak; hulle het ’n seder vanaf L’vanon gevat om vir jou ’n mas te maak.
6 Van eikebome vanaf Bashan het hulle vir jou roeispane gemaak; hulle het jou dek van palmhout met ivoor vanaf die kuslande van Kitti ingelê.
7 Jou seil was van fyn geborduurde linne vanaf Mitzrayim sodat dit jou uitkennings teken geword het; jou sonskerm was blou en pers vanaf die kuslande van Elishah.
8 Die inwoners van Tzidon en Arvad was jou roeiers; jou wyse manne was aan boord, o Tzor, hulle was jou stuurmanne.