1 Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:2 Thes 2:4
2 “Seun van ’n mens, sê aan die leier van Tzor: ‘So sê יהוה-God: “Omdat jou verstand, wil en emosie hoogmoedig was en jy gesê het: ‘Ek is ’n god, ek sit op die troon van gode in die kern van die seë’; tog is jy ’n mens en nie god nie, alhoewel jy jou verstand, wil en emosie maak soos die van ’n god.
3 Let op, jy is wyser as Dani’el, daar is geen geheim wat vir jou duister is nie!
4 Deur jou wysheid en begrip het jy vir jouself rykdom verkry en goud en silwer vir jou skatkamers.
5 Deur jou groot wysheid, deur jou handel, het jy jou rykdom vermeerder en jou verstand, wil en emosie het hoogmoedig geword deur jou rykdom.1 Tim 3:6
6 יהוה-God sê daarom: ‘Omdat jy jou verstand, wil en emosie gemaak het soos die van ’n god,