10 So sê יהוה-God: “Ek sal ook die menigtes van Mitzrayim tot ’n einde bring deur die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel.
11 Hy en sy volk saam met hom, die geweldadigste van nasies, sal ingebring word om die land te vernietig en hulle sal hul swaarde teen Mitzrayim uittrek en die land vul met die neergeslaandes.
12 Ek sal ook nog die Nylkanale droogmaak en die land verkoop in die hand van bose manne. Ek sal ook die land en alles wat daarin is verlate maak deur die hand van vreemdelinge; Ek, יהוה, het gepraat.”
13 So sê יהוה-God: “Ek sal ook die afgode vernietig en die beelde laat verdwyn uit Nof (Memphis) en daar sal nie langer ’n prins wees in die land van Mitzrayim nie en Ek sal vrees sit in die land van Mitzrayim.
14 Ek sal Patros verlate maak, ’n vuur aansteek in Tzo’an en oordele voltrek in No (Thebes).
15 Ek sal My toorn uitgiet oor Sin, die vesting van Mitzrayim; Ek sal ook die menigtes van No afsny.
16 Ek sal ’n vuur aansteek in Mitzrayim: Sin sal bewe van angs, No sal oopgebreek word en Nof sal daagliks angs hê!