13 So sê יהוה-God: “Ek sal ook die afgode vernietig en die beelde laat verdwyn uit Nof (Memphis) en daar sal nie langer ’n prins wees in die land van Mitzrayim nie en Ek sal vrees sit in die land van Mitzrayim.
14 Ek sal Patros verlate maak, ’n vuur aansteek in Tzo’an en oordele voltrek in No (Thebes).
15 Ek sal My toorn uitgiet oor Sin, die vesting van Mitzrayim; Ek sal ook die menigtes van No afsny.
16 Ek sal ’n vuur aansteek in Mitzrayim: Sin sal bewe van angs, No sal oopgebreek word en Nof sal daagliks angs hê!
17 Die jongmanne van On en Pi-Veset sal deur die swaard val en die vroue sal in gevangeskap gaan.
18 In Tagpanges sal die dag donker wees wanneer Ek daar die jukke van Mitzrayim verbreek. Dan sal die trots van haar mag in haar ophou; ’n wolk sal haar oordek en haar dogters sal in gevangeskap gaan.
19 So sal Ek oordeel voltrek in Mitzrayim en hulle sal weet dat Ek יהוה is.”’”